Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

500 g hoenderborsfilette, in blokkies gesny

koekmeel, met sout en peper gegeur

olie

15-20 ml (3-4 t) suurlemoensap

250 ml (1 k) lemoensap

25 ml (5 t) heuning

15 ml (1 e) sojasous

3 ml (ruim 1/2 t) vars gerasperde gemmer

2 lemoene, in segmente gesny

sout en peper

rys en groenslaai vir voorsit

  1. Rol die hoenderborsies in die gegeurde koekmeel.
  2. Braai dit in verhitte olie tot bruin.
  3. Meng met die lemoen- en suurlemoensap, heuning, sojasous en fyn gemmer.
  4. Voeg by die hoender, verlaag die hitte en laat prut tot gaar. Voeg die lemoensegmente by, geur met sout en
  5. peper en verhit tot warm.
  6. Sit voor met rys en slaai.

WENK

Rol die stukkies vleis in mielieblom om die hoender lekker bros te laat braai.