Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Bak: 20 min.

1 kg heel hoender, gaargemaak en gevlok

4 sprietuie, gekap

2 rooi brandrissies, gekap

410 g blik rooi nierbone, gedreineer

300 g cheddarkaas, gerasper

400 g fles pastasous

6 mini-tortillas

100 g mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die hoender, ui, brandrissies, bone, die helfte van die cheddarkaas en die helfte van die sous goed.
  2. Vul elke tortilla met ’n lepel vol van die hoendermengsel. Rol die tortillas op en pak dit met die soomkant na onder in ’n bakskottel.
  3. Giet die oorblywende sous oor, strooi die oorblywende cheddar en die mozzarella oor en bak 20 min. of tot goudbruin. Sny in vierkante en sit voor saam met ’n slaai.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers