Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

6-8 hoenderstukke

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

30 g botter

100 g preie, grof gekap

150 g sampioene, gehalveer

250 g kersietamaties

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

30 ml (2 e) balsemiekeasynreduksie

½ blik (200 g) keker-ertjies, gedreineer

100 g babaspinasieblare

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Geur die hoender met sout en peper.

Verhit die olie en botter in’n pan en braai die hoender tot goudbruin.

Skep dit in ’n oond- bak en braai die preie en sampioene ’n paar minute.

Skep die sampioenmengsel en tamaties oor die hoender, sprinkel die suiker en asyn oor en bak 30 minute.

Skep die ertjies en spinasie oor en bak nog 5-10 minute.