Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur 15 minute

HOENDER

1 heelhoender

7 ml (1½ t) sout

2 ml (½ t) droë gemengde kruie

2 ml (½ t) fyn naeltjies

2 ml (½ t) fyn koljander

2 ml (½ t) fyn gemmer

2 ml (½ t) swartpeper

1 liter (4 k) kookwater

1-2 hoenderaftrekselblokkies

PASTEI

250 g spaghetti

250 g rugspekvleis, gekap

2 uie, gekap

250 g sampioene, in skyfies gesny

60 ml (¼ k) gekapte sopseldery

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

200 g mozzarellakaas, gerasper

6 eiers

750 ml (3 k) melk

sout en peper

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. HOENDER Plaas die hoender, sout, kruie en speserye, kookwater en aftrekselblokkie in ’n groot kastrol en kook sowat 1½ uur tot sag en gaar.
  2. Verwyder die hoender uit die aftreksel. Haal die bene uit en pluis die vleis.
  3. PASTEI Kook die spaghetti in die aftreksel en nog water indien nodig tot sag en dreineer. Behou 250 ml (1 k) van die aftreksel.
  4. Braai die spekvleis, uie, sampioene en seldery tot sag en gaar.
  5. Voeg die hoender, spaghetti, aftreksel en pietersielie by. Skep die helfte van die hoendermengsel in die voorbereide bak. Sprinkel die helfte van die kaas oor, skep die res van die hoendermengsel oor en sprinkel die orige kaas oor.
  6. Klits die eiers en melk saam en giet oor die pastei. Bak 45 minute tot die eier gestol het en die pastei gaar is.
  7. Sit warm voor saam met slaai.