15 ml (1 e) olyfolie

250 g sampioene, gekap

250 ml (1 k) Griekse jogurt

sout en peper

250 g pennepasta, gaar

1 gaar rotisserie-hoender, gepluis

125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper

60 ml (¼ k) broodkrummels

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Verhit die olie en braai die sampioene tot gaar.
  2. Voeg die jogurt by. Geur met sout en peper en laat net kook.
  3. Meng die pasta en hoender deur en skep in ’n oondvaste bak.
  4. Meng die kaas en krummels en strooi oor die gereg.
  5. Rooster die gereg in die oond tot goudbruin bo-op.
  6. Sit voor met gemengde groente.