Margo Fick van Kaapstad het die resep met ons gedeel. 

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45-50 minute

3 groot aartappels, in wiggies gesny

30 ml (2 e) cajunspeserye

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, in skywe gesny

4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny

500 ml (2 k) gaar rys

60 ml (¼ k) soet brandrissiesous

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die aartappels op ’n bakplaat en sprinkel die helfte van die speserye en olie oor. Oondbraai 30 minute of tot gaar.
  2. Verhit die res van die olie en braai die uie tot sag. Voeg die hoender en die res van die speserye by en braai tot gaar.
  3. Meng die rys, brandrissiesous en aartappelwiggies by die hoendermengsel en geur met sout en peper. Giet in ’n oondbak en bak 25-30 minute tot deurwarm.