Lewer 2 groot porsies

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

30 ml (2 e) olyfolie

40 g botter

2 groot preie, in dun skywe

gesny en gewas

250 ml (1 k) droë witwyn

125 ml (½ k) water

sout en vars gemaalde swartpeper

4 ontbeende hoenderborsies,

in repies gesny

125 g oestersampioene, grof gekap

60 ml (¼ k) pietersielie, grof gekap

285 ml room

suurlemoensap na smaak

Verhit die olyfolie en botter in ’n groot pan en braai die preie ’n paar minute.

Voeg die wyn en water by en geur met sout en peper.

Laat prut sowat 5 minute.

Voeg die hoenderborsies, die sampioene, van die pietersielie en al die room by en bring dit tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat sowat 10 minute prut of tot die hoender net gaar is.

Roer die suurlemoensap by en geur na smaak.

Garneer met die res van die pietersielie en sit voor saam met basmatirys en slaai.