Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 45 min.

6 hoenderporsies (boudjies en dye)

sout en pas gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) koekmeel

15 ml (1 e) olie

2 pere, in skyfies gesny

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

15 ml (1 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) suiker

  1. Geur die hoender met die sout en peper en rol in die meel.
  2. Plaas ’n skottelskaar op ’n driepoot of ’n oop rooster op die kole. Verhit die olie daarin en braai die hoender aan alle kante tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
  3. Braai die pere tot net effens bruin. Skep uit en hou eenkant.
  4. Braai die ui en knoffel in die skottel tot goudbruin. Voeg die hoender, aftreksel, suurlemoensap en suiker by.
  5. Laat prut sowat 35 minute tot die hoender gaar is. Voeg die pere by en laat nog ’n paar minute prut tot deurwarm.
  6. Geur met sout en peper na smaak en sit voor saam met kapokaartappel.