Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Kook: 20-30 min.

Bak: 15 min.

4 heel mielies

olie

1 prei, in ringe gesny

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 kg hoenderborsfilette

sout en peper

vars tiemie

250 ml (1 k) of meer hoenderaftreksel

50 g botter

20 ml (4 t) koekmeel

125 ml (½ k) of meer melk

250 ml (1 k) ertjies

’n groot hand vol gekapte pietersielie

gerasperde skil en sap van 1 suurlemoentjie

1 vel skilferkorsdeeg

melk vir verf

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Kook die mielies gaar. Sny die pitte van die stronk af. Hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die prei, ui en knoffel tot sag. Geur die hoender met die sout en peper, en roerbraai tot effe bruin. Voeg die tiemie en die helfte van die aftreksel by. Laat prut tot die hoender sag is.
  3. Trek die vleis met twee vurke in rafeltjies.
  4. Smelt die botter in die mikrogolfoond. Roer die meel by tot die mengsel glad is. Voeg die orige aftreksel en die melk by en giet in die pot. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Voeg die mieliepitte en ertjies by die hoendermengsel en laat goed kook tot geurig. Geur met die sout en peper en roer die pietersielie en suurlemoenskil en -sap by.
  5. Skep in ’n oondvaste bak en laat afkoel. Plaas die vel skilferkorsdeeg bo-op. Druk langs die kante vas. Verf met die melk, versier met die oorskietdeeg en bak sowat 15-20 min. tot goudbruin en gaar.