Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

1 rooi brandrissie, gekap

3 hoenderborsies, in skywe gesny

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) fyn komyn

2 lourierblare

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) bruinlensies

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

sout en peper

1 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, knoffel en brandrissie by en soteer tot sag.

2 Voeg die hoenderskywe by en soteer tot liggies verbruin. Roer die speserye en lourierblare in en kook ’n minuut.

3 Voeg die tamaties, lensies en aftreksel by. Laat prut ’n kwartier. Geur met sout en peper en sit warm voor.

- Hope Malau