GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 8 min.

Gaarmaak: 50 min.

15 ml (1 e) olyfolie

4 hoenderborsies, in skywe gesny

2 wortels, fyn gekap

2 selderystokke, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 takkies tiemie

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

500 ml (2 k) water

80 ml (? k) pêrelgort, afgespoel

2 lourierblare

3 tamaties, fyn gekap

3 aartappels, fyn gekap

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die hoender 2 min. in.
  2. Roer die wortels, seldery en ui in tot sag. Roer die knoffel en tiemie 1 min. in of tot geurig.
  3. Voeg die aftreksel, water, gort en lourierblare by. Bedek en bring tot kookpunt. Verminder die hitte tot laag. Laat prut 30 min. bedek. Voeg die tamaties en aartappels by. Laat prut 15 min. of tot die aartappels sag is.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander