Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny

sout en peper na smaak

1 groen of geel soetrissie, in klein blokkies gesny

1 ui, gekap

olie

500 g broccoli-blommetjies

45 ml (3 e) botter of margarien

50 ml (10 t) koekmeel

10 ml (2 t) Dijonmosterd

500 ml (2 k) melk

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Geur die hoender met sout en peper en braai saam met die soetrissie en ui in ’n bietjie olie tot bruin.

Skep in ’n oondvaste bak en voeg die broccoli by.

Smelt die botter of margarine en roer die koekmeel by tot glad. Roer die mosterd by. Geur met sout en peper. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word en die sous kook. Voeg die helfte

van die kaas by.

Giet die sous oor die hoender, sprinkel die res van die kaas oor en bak sowat 20 minute of tot die kaas gesmelt en effens verbruin het.