GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 50-60 min.

1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

sout en vars gemaalde peper

45 ml (3 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

4 takkies tiemie

4 hoenderborsfilette, in stukkies gesny

250 ml (1 k) water

10 ml (2 t) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter

60 ml (¼ k) pampoensaad, gerooster

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Versprei die botterskorsieblokkies op ’n bakplaat. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Sprinkel 30 ml (2 e) van die olie oor en meng goed deur. Rooster 25-30 min. of tot gaar.
  2. Verhit die res van die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en tiemie tot geurig.
  3. Voeg die hoender by en roerbraai tot bruin.
  4. Giet die 250 ml (1 k) water by en laat prut tot die hoender gaar is; gooi nog ’n bietjie water by indien nodig.
  5. Roer die opgeloste mielieblom deur die hoender en roerbraai tot verdik.
  6. Geur met sout en vars gemaalde peper. Roer die botterskorsie deur en hou eenkant.
  7. Plaas 3 velle filodeeg op mekaar met botter tussenin en plaas dit op die bereide bakplaat.
  8. Skep die vulsel in die middel en vou die kante rofweg in.
  9. Verf oraloor met die botter en bak 15-20 min. in die oond tot goudbruin en gaar.
  10. Sprinkel die pampoensaad oor en sit voor.