4-6 hoenderborsfilette, in blokkies gesny

15 ml (1 e) hoenderspeserye

15 ml (1 e) olyfolie B 2 uie, in skywe gesny

500 ml (2 k) gaar bruinrys

handvol vars pietersielie, grof gekap

1 blik (410 g) rooi nierboontjies, gedreineer en afgespoel

sout en peper

suurlemoensap

  1. Geur die hoender met die speserye. Verhit die olie en braai die hoender. Haal uit en hou eenkant.
  2. Braai die uie en voeg die hoender by.
  3. Meng die res van die bestanddele liggies met die hoender; verhit tot warm.
  4. Geur met die sout, peper en suurlemoensap en sit voor.