Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

HOENDER

4 hoenderborsfilette

sout en peper

15 g vars pietersielie, gekap

fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 knoffelhuisie, fyngedruk

15 ml (1 e) olie

BURGERS

4 broodrolletjies

60 ml (¼ k) mayonnaise

100 g slaaiblare

2 Granny Smithappels

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Hoender Kap die hoender effens platter en geur met die sout en peper. Meng die pietersielie, suurlemoenskil, knoffel en olie en smeer oor die hoender.
  2. Verhit ’n braaipan en braai die hoender in sarsies tot goudbruin. Pak op ’n bakplaat en braai 10 min. in die oond tot gaar.
  3. Burgers Halveer die broodrolletjies en smeer albei kante met die mayonnaise. Pak die slaaiblare op die een helfte van elke broodjie. Pak die hoenderfilette op die blare. Sny die appels in skyfies en pak op die hoender. Sit die ander helftes van die broodjies bo-op. Sit voor saam met aartappelskyfies.