Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 mense

45 ml (3 e) olie

1 ui, in skywe gesny

2 selderystingels, opgesny

3 wortels, opgesny

6 hoenderborsies

60 ml (¼ k) tamatiepuree

2 lourierblare

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

Vir die poetoe

750 ml (3 k) poetoepap

15 ml (1 e) botter

60 ml (¼ k) wit cheddarkaas

1.    Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en braai die ui, seldery en wortel tot sag. Voeg die hoender by en braai 5 minute of tot verbruin.

2.    Roer die tamatiepuree deur, voeg die lourierblare en aftreksel by, bring tot kookpunt en laat die vloeistof ’n bietjie wegkook. Draai die hitte laer en laat prut nog 30 minute of tot die hoender deurgaar is.

3.    Kook die poetoe volgens die aanwysings op die verpakking tot gaar. Meng die botter en kaas deur die warm pap.

- Hope Malau