Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 ml (2 k) rys, rou

sout

30 ml (2 e) olie

2 uie, gekap

3 knoffelhuisies

2 ml (½ t) gerasperde gemmer

4 hoenderborsies, in skywe gesny

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) komynsaad

2 ml (½ t) koljandersaad

2 ml (½ t) fyn kaneel

2 ml (½ t) fyn kardamom

2 ml (½ t) borrie

hand vol rosyne

hand vol vars koljander, gekap

1 Kook die rys in kokende water met sout in tot gaar.

2 Verhit die olie in ’n pan, voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai 2 minute.

3 Voeg die hoender by en kook 5 minute.

4 Voeg die speserye by en kook nog 2 minute.

5 Voeg die rosyne en gaar rys by, bedek en sit 15 minute eenkant om te stoom.

6 Voeg die gekapte koljander by net voor jy dit voorsit.

- Hope Malau