Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 35 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

HOENDER

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

5 ml (1 t) fyngekapte gemmer

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) olie

RYS

375 ml (1½ k) basmatirys

500 ml (2 k) water

KERRIE

30 ml (2 e) olie

1 ui, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) gemmer, gekap

30 ml (2 e) kerriepoeier

250 ml (1 k) klappermelk

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1 blik (410 g) gekapte tamaties

2 aartappels, grof gekap

1 blik (410 g) keker-ertjies

’n hand vol vars koljander, gekap

1 Hoender: Meng die hoender, gemmer, knoffel en olie in ’n bak, bedek met kleefplastiek en marineer ’n halfuur.

2 Rys: Plaas die rys in ’n pot, voeg die water by, bedek en bring tot kookpunt oor matige hitte. Verminder die hitte en laat prut ’n kwartier.

3 Kerrie: Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui by en kook tot effens verbruin. Voeg die knoffel, gemmer en kerriepoeier by. Kook 5 minute.

Roer die klappermelk, aftreksel en tamaties in. Bring tot kookpunt en voeg die aartappels en hoendermengsel by. Wanneer die aartappels sag en die hoender gaar is, voeg die keker-ertjies by en sit eenkant.

Sit voor met die rys.

- Hope Malau