Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 20 min

4 ontbeende, ontvelde hoenderborsies

250 g knopiesampioene, opgesny

4 skywe Provolone- of mozzarella-kaas

4 snye ham

250 ml (1 k) muskadel

30 ml (2 e) fynbosheuning of esdoringstroop

1 bossie stingeluie, opgesny

1 suurlemoen

Sout en peper na smaak

1 Kap die hoenderborsies platter met die kant van ’n piering.

2 Verhit klein bietjie olyfolie in ’n pan.

3 Plaas die hoenderborsies asook die sampioene en stingeluie saam in die pan en braai tot amper gaar en bruin buite-om. Draai ’n paar maal om.

4 Voeg die muskadel en heuning by die bestanddele in die pan.

5 Plaas ’n skyfie ham asook skyfie kaas bo-op elke hoenderborsie en verhit tot die kaas gesmelt en die muskadel en heuning ’n lekker stroperige sousie gevorm het.

6 Bedien hoenderborsies met die sampioene en giet die sous oor.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.