Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

SOUS

60 ml (4 e) olyfolie

60 ml (4 e) heelkorrelmosterd

90 ml ( 6 e) heuning

sout en peper

HOENDER EN GROENTE

1 patat (400 g), in skywe gesny

1 klein botterskorsie (240 g),

geskil en in skywe gesny

1 rooi-ui, in wiggies gesny

4 ontbeende hoenderborsies

koljanderblare vir bo-oor strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. SOUS Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  2. HOENDER EN GROENTE Pak die groente in ’n oondskottel en geur met sout en peper.
  3. Geur die hoender, rol op en steek met ’n peuselstokkie vas.
  4. Rangskik dit op die groente. Giet die sous oor. Bedek met tinfoelie en bak sowat 30 minute in die oond.
  5. Verhoog nou die oondhitte tot 200 °C, verwyder die foelie en bak nog 25 minute tot die hoender gaar is.
  6. Sprinkel koljanderblare oor net voor opdiening. Sit warm voor met ’n groenslaai.