Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 40-45 min.

Heuningsous

1 rooi-ui, fyn gekap

5 ml (1 t) gerasperde

vars gemmer

30 ml (2 e) sojasous

125 ml (½ k) sjerrie

15 ml (1 e) heuning

Hoender

8 hoenderporsies (boudjies en dye)

sout en pas gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) olie

  1. Heuningsous Meng al die bestanddele.
  2. Hoender Geur die hoender met die sout en peper. Giet die sous oor die hoender.
  3. Verhit die olie in ’n skottelskaar (of 'n braaipan) en braai die hoender stadig in die sous tot gaar.
  4. Sit voor saam met rys.

Wen

  • Toets so of die hoender gaar is: Druk ’n toetspen in die dikste deel van die vleis – as die sappe helder en nie meer bloederig is nie, is dit gaar.