GENOEG VIR 4-6

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 35 min.

6 hoenderstukke

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

150 g noedels, gekook

150 g broccoli, geblansjeer

Heuningsous

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) sojasous

1 knoffelhuisie, fyngedruk

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Pak die hoender op ’n bakplaat en giet sous oor. Bak die hoender 30 min. terwyl jy dit af en toe bedruip tot die hoender goed verbruin en sag is. Haal uit en skakel die oond af.
  2. Giet die aftreksel oor die hoender en voeg die gaar noedels en broccoli by terwyl jy die noedels onder die hoender indruk. Sit sowat 5 min. terug in die steeds warm oond voor voorsit.

Deur Hope Malau

Foto’s: David Briers