Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

4 beenlose hoenderborsies, in blokkies gesny

sout en peper

250 ml (1 k) heuning

125 ml (½ k) sojasous

1 ui, gekap

45 ml (3 e) tamatiesous

30 ml (2 e) olie

2 knoffelhuisies, gekap

10 ml (2 t) mielieblom met 15 ml (1 e) water tot ’n pasta gemeng

45 ml (3 e) sesamsaad

1 Geur die hoender met sout en peper en sit eenkant.

2 Meng die heuning, sojasous, ui, tamatiesous, olie en knoffel in ’n bak. Voeg die hoender by, roer, en gooi dit oor in ’n pot oor lae hitte. Kook 15 minute of tot deurgaar.

3 Haal die hoender uit die sous. Roer die mielieblom by die sous in en kook ’n paar minute of tot die sous verdik het.

4 Sit die hoender terug in die pot en sit voor met rys of noedels. Bestrooi met sesamsaad.

- Hope Malau