Heel gebraaide hoender is regte deelkos vir saamkuier om die etenstafel met geliefdes, al is dit net jy, jou wederhelf en ’n lekker bottle wyn.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd:1-1½ uur

4 aartappels, in stukke gesny

1 ui, geskil en rofweg gekap

olyfolie

sout en peper

1 heel hoender

sout en peper en paprika na smaak

halwe suurlemoen

Voorverhit die oond tot 200°C.

  1. Pak die groente in ’n oondvaste bak, drup olie oor en geur met sout en peper.
  2. Druk die hoender droog met kombuispapier, vryf goed in met olyfolie en geur goed met sout, peper en paprika binnein die maagholte én buite-om.
  3. Plaas die suurlemoen in die maagholte en bind die beentjies vas met tou sodat die hoender sy vorm behou.
  4. Plaas ’n oondrakkie op die aartappels en plaas die hoender bo-op.
  5. Oondbraai 15 minute, verlaag dan die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 1-1¼ uur of tot die velletjie goudbruin en lekker bros en die hoender gaar is.
  6. Sit voor met die aartappels, gestoomde groente en ’n groenslaai indien verkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.