Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45-60 minute

staantyd: 30-120 minute

1 kg hoenderporsies

sout en peper

125 g grondbonebotter

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

100 g koljanderblare, gekap

80 ml (¹/³ k) heuning

45 ml (3 e) brandrissievlokkies

rys en ’n koljander-tamatiekomkommer-sambal vir voorsit

Voorverhit die oond tot 220° C.

  • Maak 3 splete in elke hoenderporsie sodat die geure kan intrek. Geur die hoender met sout en peper en pak in ’n oondvaste bak.
  • Meng die res van die bestanddele goed saam en giet oor die hoender. Laat 30 minute of 2 uur staan.
  • Oondbraai 45-60 minute of tot die hoender sag en gaar en mooi bruin gebak is. meer van tyd tot tyd van die sous oor.
  • Sit voor saam met rys en ’n sambal van gekapte koljander, tamatie en komkommer.