Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25 min.

2 x 400 ml-blikke klappermelk

30 ml (2 e) groenkerriepasta

300 ml hoenderaftreksel, warm

5 cm-stuk gemmer, in skywe gesny

4 ontvelde hoenderborsies, in blokkies gesny

125 ml (½ k) ertjies

’n hand vol basilieblare

sap van 1 lemmetjie

30 ml (2 e) vissous

1.    Verhit die klappermelk in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die kerriepasta by en roer 3 min.

2.    Voeg die warm aftreksel, gemmer en hoenderblokkies by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat 15 min. liggies prut tot die hoender deurgaar is en die sous effens verminder en verdik.

3.    Roer die ertjies, basilie, lemmetjiesap en vissous in en voeg nog by, indien nodig. Skep die kerrie in bakke. Sit voor saam met die rys van jou keuse.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander