Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

30 ml (2 t) olyfolie

2 eiervrugte, in blokkies gesny

45 ml (3 e) groen kerriepasta

400 g klappermelk

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

10 ml (2 t) ansjovisse, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

10 ml (2 t) suiker

600 g gaar hoender, versnipper

2 hande vol spinasie, fyn gekap

gestoomde rys, vir voorsit

1. Verhit olie in ’n braaipan oor hoë hitte. Voeg die eiervrugte by en roerbraai 3 min. tot goudkleurig. Sit eenkant.

2. Voeg die kerriepasta in die pan en roer vir ’n kort rukkie. Voeg die klappermelk en aftreksel by en bring tot kookpunt.

3. Sit die eiervrug terug in die pan, verminder die hitte tot laag en laat prut 5 min. Roer die ansjovis, suurlemoensap, suiker, hoender en spinasie in en maak 3 min. deurwarm.

4. Sit voor saam met gestoomde rys.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander