6 hoenderstukke

15 ml (1 e) droë origanum

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

sout en peper

15 ml (1 e) olyfolie

150 g babatamaties, gehalveer

1 wiel (100 g) fetakaas, gekrummel

8 olywe, ontpit basilieblare

Verhit die oond tot 230 °C.

  1. Smeer die hoender met die origanum en knoffel en geur met die sout en peper. Pak in ’n oondbak en besprinkel met die olie.
  2. Rooster 15 minute.
  3. Verlaag die temperatuur tot 160 °C.
  4. Versprei die tamaties, feta en olywe oor die hoender en oondbraai nog 25 minute tot gaar. Besprinkel met die basilie.