GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 40 min.

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

4 hoenderborsies, gaar en gepluis

250 ml (1 k) room

5 ml (1 t) mielieblom, opgelos in 10 ml

(2 t) water

45 ml (3 e) pietersielie, gekap

skil en sap van 1 suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper

400 g skilferkorsdeeg

1 eiergeel, geklits

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  1. Verhit die olie en botter in ’n kastrol en braai die ui en knoffel.
  2. Voeg die hoender, room en mielieblommengsel by en roerbraai tot die vulsel effens verdik.
  3. Voeg die pietersielie en skil by, meng en geur na smaak met sout, peper en sap. Skep uit.
  4. Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny 8 gelyke sirkels of blokke uit die deeg. Verdeel die vulsel tussen 4 van die sirkels/blokke, sit die ander sirkels/blokke bo-op en druk die rande met ’n vurk vas.
  5. Pak die pasteie op die bakplaat, verf met die eiergeel en bak 20-25 min. tot goudbruin en gaar.
  6. Sit voor met gremolata* (fyn gekapte suurlemoenskil, knoffel en pietersielie).