Genoeg vir 2-4 mense

olyfolie

120 g mozzarellakaas, gerasper

60 ml (¼ k) gekapte vars kruie (kruisement, koljander en pietersielie)

30 ml (2 e) vars suurlemoensap

10 ml (2 t) suurlemoenskil

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

sout en vars gemaalde swartpeper

4-6 groot hoenderdye

olyfolie

groenboontjies om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met olie.

Meng die kaas, vars kruie, suurlemoensap, suurlemoenskil en heelkorrelmosterd en geur liggies met sout en peper.

Lig die hoendervel aan die eenkant op en druk van die vulsel onder die vel in.

Trek die vel liggies plat en steek die vel vas met ’n peuselstokkie.

Sprinkel olyfolie oor die hoender.

Pak die hoenderdye in die voorbereide oondbak en bak 10 minute.

Verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog 20-30 minute of tot gaar.

Stoom die groenbone tot gaar en sit voor saam met die hoender.