’n Wye verskeidenheid gevlekte hoenders in allerhande soorte marinades is deesdae beskikbaar. Maak seker jy kyk na die vervaldatum voor jy die hoender koop.

Gaarmaaktyd: 40-60 minute

Genoeg vir 6 mense

1 groot gemarineerde gevlekte hoender

Braai die hoender oor matige kole tot gaar – ’n ketelbraaier met ’n deksel werk uitstekend.

Gebruik andersins swaardiensfoelie of ’n groot deksel en plaas dit oor die hoender sodat jy ’n soort “oond” vir die hoender kan maak.

Indien die hoender te donker braai voor dit heeltemal gaar is, kan jy dit die laaste paar minute in ’n voorverhitte oond van 180 °C plaas.

Sny die hoender in stukke en sit dit voor saam met slaai.

WENK: Gebruik hoenderporsies pleks van ’n heel hoender – dit word gouer gaar. Ontbeende hoender (wat effens duurder is) word ook gouer gaar.

Die kole moet matig warm wees, anders gaan die marinade swart wees lank voor jou hoender gaar is.

Bedruip die hoender heeltyd met die marinade om dit Ons wys hoe jy kosse wat jy byna gaar

koop in ’n keurige Kersmaal kan omtowerekstra geur te gee.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 23 Desember 2010