Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Marineertyd: 1 uur of oornag

1 kg hoenderporsies, ontvel

15 ml (1 e) gemmer-en knoffelpasta

15 ml (1 e) gesmelte botter

60 ml (¼ k) klappermelk

15 ml (1 e) masala

15 ml (1 e) garam masala

sout en peper na smaak

koljanderblare, fyn gekap

slaai en gegeurde rys vir voorsit

  1. Maak 3 diep splete in die dik deel van elke hoenderporsie.
  2. Meng die res van die bestanddele goed saam en smeer die vleis goed daarmee in. Laat 1 uur of verkieslik oornag marineer.
  3. Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoender in ’n oondvaste bak met ’n klein bakkie water daarnaas. Oondbraai
  4. sowat 45 minute of tot die hoender sag en gaar is.
  5. Sit voor met gegeurde rys en ’n groenslaai.