HOENDER

15 ml (1 e) botter

5 ml (1 t) olyfolie

2 uie, in skywe gesny

6 takkies tiemie

2 knoffelhuisies, gekap

4 hoenderborsies met vel en been

sout en vars gemaalde peper

SLAAI

½ kropslaai

2 stingeluie, in repe gesny

SLAAISOUS

15 ml (1 e) olyfolie

10 ml (2 t) suurlemoensap

5 ml (1 t)

Dijon-mosterd

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. HOENDER Verhit die botter en olyfolie en braai die uie, tiemie en knoffel stadig tot gekaramelliseer.
  2. Laat heeltemal afkoel.
  3. Stop die hoender onder die vel met die uiemengsel, geur met die sout en peper en oondrooster 15 minute.
  4. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en oondbraai nog 30 minute tot gaar.
  5. SLAAI Meng al die bestanddele.
  6. SLAAISOUS Meng die bestanddele en giet oor die slaai.
  7. Sit die slaai saam met die hoender voor.