1 heel hoender

15 ml (1 e) hoenderspeserye

15 ml (1 e) olie

RYSVULSEL

500 ml (2 k) gaar jasmynrys

45 ml (3 e) sesamsade, gerooster

45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie

AARTAPPELS

60 ml (¼ k) olie 8 baba-aartappels, gekook en gehalveer growwe sout Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Vryf die hoender met die speserye in en besprinkel met die olie.
  2. Rysvulsel Meng al die bestanddele en stop die hoender daarmee.
  3. Bind die hoenderboudjies met tou vas sodat die vulsel binne bly.
  4. Oondrooster die hoender 75 minute of tot gaar.
  5. Aartappels Verhit die olie en braai die aartappels tot bros. Besprinkel met die sout.
  6. Sit dit dadelik saam met die hoender voor.