VIR 4 MENSE

100 g pistasieneute, gekap

100 g (1 wiel) fetakaas

skil van 1 suurlemoen

8 hoenderdytjies en -boudjies met vel

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die neute, kaas en suurlemoenskil.
  2. Stop dié vulsel onder die vel van elke dytjie of boudjie in.
  3. Steek dit met peuselstokkies toe.
  4. Geur met sout en peper na smaak, pak op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie.
  5. Rooster 30-40 minute tot gaar.