Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 75 minute

1 heel hoender

Portugese speserye na smaak

sout en peper

VULSEL

4 klein uie, gekap

6-8 sampioene, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

125 ml (½ k) vars spinasie,

fyn gesny

1 wiel fetakaas, gekrummel

2 takkies vars roosmarynblaartjies, gekap

SOUS

125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt

60 ml (¼ k) gouestroop

60 ml (¼ k) suurlemoensap of na smaak

30 ml (2 e) worcestersous

30 ml (2 e) blatjang

30 ml (2 e) tamatiesous

30 ml (2 e) mayonnaise

5 ml (1 t) droë roosmaryn

groente vir voorsit

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die hoender met die speserye en sout en peper.
  2. VULSEL Meng al die bestanddele en skep dit in die maagholte. Steek die opening met peuselstokkies toe. Bind die hoender op met tou. Oondbraai 10 minute, verlaag die temperatuur tot 180 °C en oondbraai nog ’n uur.
  3. SOUS Smelt die konfyt en stroop 1 minuut in die mikrogolf en voeg die ander bestanddele by. Verf oor die gaar hoender en plaas vinnig terug in die oond tot die sous verkleur het.
  4. Sit voor met groente.