Bereiding: 1 uur

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 mense

30 ml (2 e) botter, gesmelt

60 ml (¼ k) gebottelde balti-kerriesous

1 knoffelhuisie, fyngemaak

3 takkies tiemie

15 ml (1 e) hoenderspeserye

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

sout en peper na smaak

1,5-2 kg heel hoender

1 pynappel, geskil en in blokkies gesny

Sous

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

60 g (1 pakkie) sampioensop

aartappels vir opdiening

Voorverhit die oond tot 220 ºC.

Meng die botter, balti-sous, knoffel, tiemie, hoenderspeserye, kaneel en sout en peper in ’n mengbak.

Druk klein gaatjies met ’n skerp mes aan die bors en vryf die hoender binne en buite uit met die spesery-marinade.

Bedek en verkoel die gemarineerde hoender vir 1 uur of oornag.

Stop die hoender met die blokkies pynappel op.

Kap die oorskietpynappel fyn en meng dit met die aftreksel en sampioensop.

Gooi die mengsel in ’n braaipan.

Sit die hoender in die pan en sit dit vir 30 minute in die oond.

Smeer intussen die gesnyde aartappels met olie en pak hulle om die hoender, en verminder die hitte tot 180 °C vir 20 minute of tot die hoender gaar is.

Volg Huisgenoot op Twitter.