Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 g portobello-sampioene

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gehalveer en in skywe gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

20 g vars gemmer, fyngekap

170 g gerookte hoenderborsies, in repe gesny

250 ml room

15 ml (1 e) vars basilie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

80 ml parmesaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1.Kap 250 g van die sampioene en sny die oorblywende 250 g in skywe.

2.Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die ui, gekapte sampioene, knoffel en gemmer.

3.Stel die hitte laer en voeg die hoender en die room by. Laat prut tot die room verdik. Voeg die basilie by en geur met sout en peper. Verwyder van die hitte.

4.Plaas ’n laag van die gesnyde sampioene in ’n oondvaste bak en dan ’n laag van die geroomde hoender. Herhaal die proses en eindig met ’n laag gesnyde sampioene.

5.Bestrooi met parmesaankaas en bak 10 tot 15 minute. Sit voor met slaai of vars gebakte brood.