GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

skil en sap van 1 suurlemoen

1 groen brandrissie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

2 cm-gemmerstuk, gerasper

60 ml (¼ k) sojasous

45 ml (3 e) olyfolie

’n hand vol vars koljander, gekap

4 hoenderborsies, in stukke gesny

Kruisement-jogurt

’n hand vol vars koljander, gekap

200 ml (¾ k) natuurlike volroomjogurt

’n hand vol vars kruisementblare, gekap

1. Sit die skil en sap, brandrissie, knoffel, gemmer, sojasous, olie en koljander in ’n glas- of keramiekbak. Klits alles saam. Voeg die hoender by en roer om te bedek. Bedek met kleefplastiek en plaas 1 uur in die yskas.

2. Ryg die hoenderstukke egalig aan sosatiepenne. Voorverhit die braaier of braaipan op hoë hitte. Braai die sosaties 8 min. aan elke kant of tot verbruin en deurgaar.

3. KRUISEMENT-JOGURT Plaas die koljander en jogurt in ’n verwerker en verwerk tot glad. Giet in ’n opdienbak. Roer die kruisement deur en sit saam met die sosaties voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller