Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Rys: 1 uur

Gaarmaak: 15 min.

PITAS

250 g witbroodmeel

7 g suurdeeg

15 ml (1 e) papawersaad

5 ml (1 t) sout

160 ml water

10 ml (2 t) olie

VULSEL

4 hoenderborsies

60 ml (¼ k) olie

3 knoffelhuisies, gekap

sout en peper

250 ml (1 k) Griekse jogurt

30 ml (2 e) suurlemoensap

1 komkommer, in blokkies gesny

’n hand vol vars koljander

1 kop slaai, versnipper

2 tamaties, gekap

2 sprietuie, in skywe gesny

  1. Pitas: Meng die meel, suurdeeg, papawersaad en sout in ’n bak. Giet 120 ml van die water en die olie in. Maak al die bestanddele met jou hande bymekaar. Voeg die oorblywende water by terwyl jy dit meng tot ’n sagte deeg vorm.
  2. Bestrooi ’n werkoppervlak liggies met meel en knie die deeg 5 minute. Verplaas na ’n gesmeerde bak, bedek en laat sowat ’n uur rys tot twee keer die grootte.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  4. Plaas die deeg weer op ’n werkoppervlak wat liggies met meel besprinkel is. Knie dit af, verdeel in vier balle en vorm in plat ovaal vorms.
  5. Verhit die bakplaat 5 minute in die oond. Bestuif met meel en rangskik die pitas daarop. Bak 5 minute of tot verbruin.
  6. Vulsel: Meng die hoenderborsies, olie, knoffel, sout, peper en 30 ml (2 e) van die jogurt in ’n bak. Roer om die hoender goed te bedek.
  7. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en braai die hoender weerskante tot verskroei en gaar. As dit nie gaar is nie, sit dit in die oond tot deurgaar. Versnipper die hoender.
  8. Meng die oorblywende jogurt met die suurlemoensap, komkommer en koljander om die tzatziki te vorm. Geur met sout en peper.
  9. Bedek die pitas met die hoender, tzatziki, blaarslaai, tamatie en uie.