GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 5 min.

30 ml (2 e) olie

1 ui, fyn gekap

2 brandrissies, gekap

1 knoffelhuisie, fyngemaal

250 ml (1 k) tamatiesous

45 ml (3 e) appelwynasyn

15 ml (1 e) bruinsuiker

15 ml (1 e) paprika

15 ml (1 e) Worcestersous

10 ml (2 t) brandrissiepoeier

sout en vars gemaalde peper, na smaak

4 hoenderborsfilette

4 burgerrolletjies

1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en brandrissies in en braai tot sag terwyl jy gereeld roer. Voeg die knoffel in en braai sowat 30 min. of tot geurig terwyl jy roer.

2. Roer die tamatiesous, asyn, suiker, paprika, Worcestersous, brandrissiepoeier en sout en vars gemaalde peper in tot goed gemeng. Voeg die hoender in en roer om te bedek. Verlaag die hitte en kook tot die hoender sag is en maklik uitmekaar trek – sowat 1 uur. Versnipper die hoender met twee vurke in die sous en meng goed.

3. Sny die rolletjies oop en vul dit met die geplukte hoendermengsel.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller