Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

10 knoffelhuisies, gekap

2 rooi brandrissies, gekap

2 cm-stuk gemmer, fyn gerasper

125 ml (½ k) olyfolie

80 ml (1/3 k) sojasous

60 ml (¼ k) appelasyn

60 ml (¼ k) suiker

sout en peper

2 suurlemoene, in skywe gesny

8 hoenderdye

pietersielie vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C.

1. Klop die knoffel, brandrissies, gemmer, olie, sojasous, asyn, suiker, sout en peper in ’n middelslagbak tot die suiker en sout opgelos is. Voeg die suurlemoenskywe by. Plaas hoender in ’n groot glasbak, giet die marinade oor en meng goed. Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel minstens 1 uur in die yskas.

2. Verwyder die hoender uit die marinade en skud die oortollige marinade af. Plaas die hoender velkant na bo op ’n gesmeerde bakplaat. Bak tot deurgaar, sowat 30 min.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers