Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Genoeg vir 4-6 mense

hoenderporsies

10 ml (2 t) braaispesery

10 ml (2 t) hoenderspesery

10 ml (2 t) knoffelvlokkies

15 ml (1 T) olyfolie

2 rooi-uie, in kwarte gesny

6-8 baba-aartappels, gehalveer

6-8 murgpampoentjies, in drie stukkies gesny

3 wortels, in groot stukke gesny

sout en peper

10 ml (2 t) olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas die hoenderstukke in ’n oondpan, vryf dit met speserye en strooi die olie daaroor.

Braai dit 40 minute onbedek.

Plaas al die groente in ’n braaiskottel, geur met sout en peper en strooi die olie oor.

Braai dit saam met die hoender in die laaste 20 minute.

Sit warm voor.