Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Staantyd: 2 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur

’n heel hoender

750 ml (3 k) warm water

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) suiker

45 ml (3 e) sojasous

1 ui, gekap

3 wortels, gekap

375 ml (11Ž2 k) hoenderaftreksel

125 ml (1Ž2 k) vars kruie (soos roosmaryn, koljander en/of tiemie)

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) hoenderspesery

5 ml (1 t) borrie

45 ml (3 e) olie

sout en peper

1 Plaas die hoender in ’n bak. Meng die warm water met die sout, suiker en sojasous. Giet dit oor die hoender en sit twee uur eenkant.

2 Voorverhit die oond tot 200 °C.

3 Plaas die ui en wortels in ’n diep braaipan en plaas die hoender bo-op.

4 Meng die oorblywende bestanddele en giet oor die hoender en in die holte.

5 Braai ’n uur onbedek of tot die hoender gaar en verbruin is.

6 Maak die groente van die braaipan fyn en sit saam met die hoender voor.

- Hope Malau