Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

olie vir diepbraai

375 ml (1½ k) meel

15 ml (1 e) paprika

250 ml (1 k) karringmelk

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) brandsous

30 ml (2 e) rooipeper

4 hoenderborsies, gevlek

4 hoenderboudjies

hamburgerrolletjies, blaarslaai, tamatie en aartappelwiggies vir voorsit

  1. Verhit olie vir diepbraai in ’n pot oor matige hitte.
  2. Meng die meel en paprika in ’n groot bak. Klits die karringmelk, sout, peper, brandsous en rooipeper saam in ’n ander bak.
  3. Doop die hoenderstukke in die meel om dit te bedek en dan in die karringmelk. Laat oortollige karringmelk afdrup en doop dan weer in die meel.
  4. Wanneer die olie warm genoeg is, braai ’n klompie van die hoenderstukke. Draai een of twee keer om tot goudbruin en deurgaar. Skep met ’n gaatjieslepel uit die olie op ’n rakkie of papierhanddoeke uit. Braai die orige hoenderstukke.
  5. Sit voor met die rolletjies, blaarslaai, tamatie en aartappel.

- Hope Malau