Genoeg vir 4 mense

8 hoenderporsies

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

100 ml mayonnaise

100 ml jogurt

sap en skil van een suurlemoen

100 g babaspinasieblare

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Geur die hoenderporsies met sout en peper en verhit die olie in ’n pan.

3. Braai die hoenderborsies tot goudbruin en skep in ’n groot oondbak.

4. Meng die pietersielie, mayonnaise, jogurt, suurlemoensap en -skil en skep dit oor die hoender.

5. Bak 30 -40 minute of tot gaar.

6. Snipper die spinasie en sit voor saam met die hoendergebak.