Genoeg vir 4 mense

4 groot ontbeende hoenderborsies

sout en vars gemaalde swartpeper

80-100 ml rou polenta

30 ml (2 e) olyfolie

100 g bokmelk- of fetakaas

80 g gruyère- of parmesaankaas

250 g broccoli

Voorverhit die oond tot 180 °C en kap die borsies bietjie platter met ’n vleishamer of jou hand.

Geur hulle met sout en peper en rol elkeen in die polenta.

Verhit die olyfolie en braai die borsies tot goudbruin alkant en skep dit op ’n gesmeerde bakplaat.

Sny die bokmelkkaas in skywe en rasper die gruyère en deel die kase tussen die borsies.

Besprinkel met ekstra olie en bak sowat 20 minute tot gaar.

Stoom die broccoli en sit die hoender voor saam met die broccoli.

Volg Huisgenoot op Twitter.