Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

HOENDER

4 ontvelde hoenderborsfilette

20 ml (4 t) dijon-mosterd

sout en peper na smaak

sap en skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) koekmeel

45 ml (3 e) mielieblom

1 eier

5 ml (1 t) water

125 ml (½ k) droë broodkrummels

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

SOUS

125 ml (½ k) natuurlike jogurt, gemeng met 5 ml (1 t) olyfolie, suurlemoensap en -skil, sout en peper

EKSTRA PER PERSOON

125 ml (½ k) jong groenbone

125 ml (½ k) jong aartappels

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.

    1. HOENDER Vlek die filette horisontaal, maar moenie deursny nie. Kap platter met die agterkant van jou handpalm.
    2. Smeer met mosterd en geur met die sout, peper en suurlemoensap.
    3. Meng die meel en mielieblom in ’n bakkie.
    4. Klits die eier en water in ’n ander vlak bakkie.
    5. Meng die broodkrummels, suurlemoenskil, knoffel en gekapte pietersielie in ’n ander bakkie.
    6. Doop die hoenderfilette in die meelmengsel, dan in die eiermengsel en dan in die broodkrummelmengsel. Rol tot goed bedek en plaas op die gesmeerde bakplaat.
    7. Bak sowat 10-15 minute lank en draai een keer versigtig om.
    8. SOUS Meng al die bestanddele saam. Sit die hoender voor met ’n skeppie sous, gestoomde groenbone en pietersielieaartappeltjies.
    9. Sit die hoender voor met ’n skeppie sous, gestoomde groenbone en pietersielieaartappeltjies.