Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

3 heel naeltjies

2 heel kardamompeule

5 heel peperkorrels

1 kaneelstok

1 groen brandrissie, gekap

5 ml (1 t) knoffel, fyngedruk

5 ml (1 t) gemmer, fyngekap

5 ml (1 t) fyngekapte brandrissies

5 ml (1 t) fyn koljander

2,5 ml (½ t) komynpoeier

2,5 ml (½ t) borrie

’n paar stringe saffraan of 2,5 ml (½ t) eiergeel kleursel sout

4 hoenderborsie-filette, in blokkies gesny

vars koljander vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1.Meng al die bestanddele behalwe die hoender en vars koljander. Bedek die hoenderfilette met die mengsel en laat marineer dit ’n uur, of verkieslik oornag, in die yskas.

2.Plaas die hoender met die marinade in ’n oondvaste kasserol en bedek met die deksel. As jy nie ’n deksel het nie, bedek dan met foelie.

3.Bak 40 minute in die oond of tot die hoender gaar is. Garneer met vars koljander en sit voor met poppadums of rys.