Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 ml (1 k) broodkrummels

sout en peper

15 ml (1 e) olie

4 hoenderborsies

125 ml (½ k) meel

2 eiers, geklits

fyn aartappel en ’n sous van jou keuse

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Sprei die broodkrummels op ’n bakplaat uit en rooster 5 minute of tot goudkleurig. Laat afkoel en verplaas na ’n groot bord. Roer die sout, peper en olie in en meng goed.
  3. Plaas ’n draadrak oor ’n bakplaat en smeer met olie.
  4. Sny die hoender in blokkies of happiegrootte-stukkies.
  5. Plaas die meel en eiers in aparte vlak bakke. Werk in sarsies en bedek die hoender met meel, skud die oortollige meel af, doop in die eier en bedek dan met broodkrummels.
  6. Verplaas na die draadrak en bak 5 minute, draai om en bak nog 5 minute of tot die hoender gaar is.